1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Die Israeliete moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle julle verlei het. Daarna sal jy sterf.”
3. Moses het toe vir die volk gesê: “Kry van julle manskappe reg om oorlog te gaan maak teen die Midianiete. Hulle moet in die Naam van die Here gaan wraak neem op die Midianiete.
4. Uit elke stam van Israel moet julle 1 000 man uitstuur om te gaan veg.”
5. Hulle het toe uit elke stam 1 000 man opgekommandeer, dus was daar 12 000 man wat reg was om in die oorlog te gaan veg.