Numeri 30:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. “’n Jong meisie wat nog in haar ouerhuis bly, kan ’n gelofte aan die Here maak, of ’n belofte aflê.

4. As haar pa hoor van die gelofte wat sy afgelê het, of van die belofte wat sy gemaak het, en hy maak nie daarteen beswaar nie, staan die gelofte en die onderneming vas.

5. As haar pa dit egter teenstaan op die dag waarop hy daarvan hoor, is die geloftes of die verpligtings wat sy op haar geneem het, nietig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie. Hy sal haar vergeef, want haar pa het dit afgekeur.

6. “’n Vrou kan miskien trou nadat sy aan die Here ’n gelofte afgelê het, of miskien haarself impulsief aan iets verbind.

7. As haar man die dag daarvan hoor en hy het geen beswaar daarteen nie, staan die verpligting wat sy op haar geneem het vas.

8. As haar man dit egter afkeur die dag waarop hy daarvan hoor, maak hy die gelofte of die verpligtings wat sy onnadenkend op haar geneem het, tot niet. Die Here sal haar dit vergeef.

Numeri 30