Matteus 3:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op ’n dag verskyn Johannes die Doper in die woestyn van Judea en kondig God se boodskap aan

2. deur te sê: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

3. Jesaja het juis van Johannes gepraat toe hy gesê het:“Hy is ’n stem wat uitroepin die woestyn:‘Kry die Here se pad gereed!Maak vir Hom ’n hoofweg!’”

4. Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra, met ’n leerbelt om sy middel. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

5. Kort voor lank begin daar toe mense uit Jerusalem en uit die hele Judea en Jordaanomgewing na hom toe stroom.

6. En nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop.

7. Toe Johannes besef hoeveel Fariseërs en Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, het hy hulle soos volg berispe: “Julle broeisel slange! Wie het julle wysgemaak dat julle God se dreigende oordeel kan vryspring?

8. Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.

Matteus 3