Matteus 15:9-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hulle godsdiens is blote skyn,want hulle hou menslike voorskrifte vooras wette van God.’”

10. Daarop het Jesus die skare nadergeroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan goed.

11. ’n Mens word nie onrein gemaak deur wat jy eet nie, maar deur wat jy sê.”

12. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom: “Besef U dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle hoor wat U sê?”

13. Maar Hy het geantwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word.

14. Ignoreer hulle. Hulle is blinde gidse wat blindes wil lei. As een blinde vir ’n ander blinde as gids wil optree, beland hulle al twee in die sloot.”

15. Petrus vra Hom toe: “Verduidelik vir ons wat U bedoel het toe U gesê het mense word nie onrein deur wat hulle eet nie.”

16. Hy sê vir hulle: “Verstaan selfs julle dit nog steeds nie?

17. Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie?

18. Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil.

19. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster.

Matteus 15