Lukas 10:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het nou 72 ander dissipels gekies en hulle in pare vooruit gestuur na al die dorpe en plekkies wat Hy wou besoek.

2. Dít was sy instruksies aan hulle: “Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur.

3. Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur.

4. Moenie enige geld saamvat nie, of ’n reissak of selfs ’n ekstra paar sandale nie. En moenie enigiemand langs die pad groet nie.

5. “Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.

6. As dié wat daar bly, dit waardig is, sal die seën bly; as hulle dit nie is nie, sal die seën na julle toe terugkom.

Lukas 10