3. Die skrifkenners en die Fariseërs bring toe ’n vrou wat op die daad van owerspel betrap is, en laat haar tussen hulle staan.
4. Hulle sê vir Hom: “Leermeester, hierdie vrou is betrap terwyl sy besig was met ’n daad van owerspel.
5. Moses het in die wet aan ons die opdrag gegee om sulke vroue te stenig, maar wat sê u daaroor?”
6. Dit het hulle net gesê om Hom te toets sodat hulle iets kon kry om Hom oor aan te kla. Jesus het egter afgebuk en met sy vinger op die grond geskryf.
7. Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.”
8. Daarna het Jesus weer gehurk en op die grond geskryf.