Jesaja 8:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Moenie alles wat die volk ’n sameswering noem as ’n sameswering beskou nie en moenie bang wees waarvoor die volk bang is nie.

13. Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie.

14. Hy sal julle veilig bewaar. Maar vir Juda en Israel sal Hy ’n steen wees wat mense laat struikel en ’n rots wat hulle laat val. En vir die inwoners van Jerusalem sal Hy ’n vangnet wees waarin hulle verstrik raak.

15. Baie van hulle sal struikel en val, om nooit weer op te staan nie. Baie sal gevange geneem word.”

16. Ek wil al hierdie dinge neerskryf as ’n getuienis van wat die Here gaan doen. Ek wil dit aan my volgelinge toevertrou.

Jesaja 8