49. “Babel het baie mense van Israel doodgemaak.Hulle het ook baie ander mensein die wêreld doodgemaak. Nou is dit hulle beurt om te sterf!
50. Julle wat die dood vrygespring het, vlug!Moenie staan en talm nie! Al gaan julle na veraf lande, dink aan die Hereen aan Jerusalem.”
51. Julle sê: “Ons is verneder. Ons is beledig en skaam. Want vreemdelinge het die Here se tempel ontwy.”
52. Die Here het geantwoord: “Die tyd kom dat Ek Babel se afgode straf. Gewonde mense sal oral deur die land kreun.
53. Al reik Babel tot aan die hemel,en al is die torings versterk, nogtans sal die vernietigers teen die stad optrek,” sê die Here.
54. “Hoor hoe skreeu hulle in Babel! Dis die geluid van groot vernietiging in die land van die Babiloniërs.
55. Want die Here verwoes Babel. Hy laat die rumoer ophou. Die vyand sal met ’n gedreun teen hulle aanstorm soos ’n groot massa water. Hulle oorlogskrete sal deur die stad klink.
56. ’n Vernietiger trek op teen Babel om die stad te verwoes. Hulle vang die soldate en slaan hulle wapens aan stukke. Omdat die Here ’n God is wat regverdig straf,kry hulle wat hulle verdien.
57. Ek maak die leiers,amptenare, wyse manne, bestuurders, bevelvoerders en soldate dronk. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie!” sê die Koning wie se Naam die Here,die Almagtige, is.