Jeremia 50:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die Here sê: “Trek op teen die land Meratajim en teen die inwoners van Pekod. Agtervolg hulle, maak hulle dood en wis hulle heeltemal uit.Doen alles wat Ek julle beveel het.

22. Oorlogskrete klink op in die land, die geraas van groot verwoesting!

23. Hoe sal die nasies skrik as hulle Babel se toestand sien! Die hamer wat mense verpletter het,lê stukkend geslaan en gebreek!

24. Ek het vir jou ’n strik gestel, Babel. Jy het daarin getrap sonder dat jy eers geweet het. Jy is gevang omdat jy teen My, die Here, in opstand was.

25. Die Here het die stoorplek van sy wapens oopgemaak. Hy het die wapens van sy woede uitgehaal. Die oppermagtige Here,die Almagtige, het werk wat Hy in die land van die Babiloniërs wil doen.

26. Val hulle van veraf lande aan. Breek die skure oop. Stapel hulle op soos ’n hoop graan.Vernietig hulle heeltemal.Laat niks oorbly nie!

Jeremia 50