Jeremia 5:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Daarom sal ’n leeu uit die bos hulle aanval, ’n woestynwolf hulle verskeur. ’n Luiperd sal naby die dorpe lê en loer en enigiemand verskeur wat waag om uit te kom. Dit sal gebeur omdat hulle oortredings so baie is en hulle so opstandig is.

7. “Hoe kan Ek julle vergewe? Selfs julle kindershet My verlaat.Hulle beloof trou aan gode wat nie gode is nie! Ek het hulle versorg; tog pleeg hulle egbreuken drom saam in bordele.

8. Hulle is soos goed versorgde, bronstige hingste, wat runnik agter hulle buurman se vrou aan.

9. Moet Ek hulle nie hieroor straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op ’n volk soos hierdie nie?

10. “Beweeg deur haar wingerde en verwoes dit, maar moenie alles verwoes nie. Sny die lote af, want hulle behoort nie aan die Here nie.

11. Die mense van Israel en Juda was ontrou aan My,” sê die Here.

12. “Hulle het leuens verspreioor die Here, en gesê:‘Hy sal niks aan ons doen nie! Geen ramp sal ons tref nie! Ons sal ook geen oorlog of hongersnood beleef nie!

Jeremia 5