Jeremia 42:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Of dit nou goed of sleg is, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Ons het jou na Hom gestuur om raad te vra. Dit sal met ons goed gaan as ons Hom gehoorsaam en doen wat Hy sê.”

7. Na tien dae het die Here vir Jeremia ’n antwoord gegee.

8. Jeremia het Joganan seun van Kareag, die weermagoffisiere en ook die gewone mense uit alle vlakke van die samelewing laat roep.

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle het my na die Here, die God van Israel gestuur om julle versoek voor Hom te stel. Die Here sê:

10. ‘Bly hier in die land. As julle dit doen, sal Ek julle opbou en nie afbreek nie. Ek sal julle plant en nie ontwortel nie. Ek is jammer oor al die ellende wat Ek julle moes aandoen.

11. Moenie langer vir die koning van Babel bang wees nie, sê die Here. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle teenwoordig. Ek sal julle van sy oorheersing vrymaak.

12. Ek sal meegevoel hê met julle sodat hy ook meegevoel met julle sal hê. Dan sal hy julle in julle land laat bly.’

13. “Maar julle sal aan die Here julle God ongehoorsaam wees as julle sê: ‘Ons wil nie in hierdie land bly nie.

Jeremia 42