1. “Israel, keer terug na My toe,”sê die Here. “As julle ontslae raak van die afskuwelike afgode,sal julle nie meer so rigtingloos wees nie.
2. As julle ’n eed sweer en my Naam gebruik, moet julle die waarheid praat. Begin reg lewe, behandel mense regverdig en doen wat reg is. As julle dit doen, sal julle die nasies van die wêreld seën.Hulle sal My kom vereer.”
3. Dit is wat die Here vir die mense van Juda en Israel sê: “Ploeg die harde grond van julle harte. Moenie goeie saad tussen dorings saai nie.
4. Maak julle harte en gedagtes skoon voor die Here, inwoners van Juda en Jerusalem. Anders sal my woede oor julle uitbreek oor julle sonde,soos ’n vuur wat niemand kan blus nie.”
5. “Verkondig dit in Juda, vertel dit in Jerusalem en sê:‘Maak alarm sodat elkeen dit kan hoor!’ Skreeu hard en sê:‘Laat almal byeenkom. Laat ons skuil in die versterkte dorpe.’
6. Stuur ’n sein na Jerusalem en waarsku hulle: ‘Moenie wag nie, vlug vir julle lewens!’ Ek bring ’n groot ramp oor julleuit die noorde.”
7. ’n Leeu het opgestaan uit sy lêplek. Die verwoester is op pad.Julle dorpe sal verwoes lê, sonder enige inwoners.
8. Trek julle rouklere aan en weeklaag,want die woede van die Hereis teen ons gerig.
9. Die Here sê: “In dié tyd sal die moed van die koning en sy amptenare hulle begewe. Die priesters sal verslae wees en die profete sal verstom staan.”
10. Toe het ek gesê: “Oppermagtige Here, U het die volk en Jerusalem mislei deur te sê: ‘Hulle sal vrede hê.’ En nou is hulle lewens in gevaar!”
11. Die tyd kom dat Hy vir hierdie volk en die mense van Jerusalem sal sê: “’n Skroeiende wind waai uit die woestynheuwels na my volk toe, maar dis nie om kaf weg te waai nie.
12. Nee, Ek stuur ’n wind met sy volle krag. Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.”
13. Ons vyand kom aan soos ’n groot onweerswolk. Die oorlogwaens kom aangejaagsoos ’n orkaan. Hulle perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons gaan verwoes word!