15. Die amptenare was woedend vir Jeremia en het hom laat slaan. Daarna het hulle hom in die sekretaris Jonatan se huis laat opsluit. Hulle het sy huis in ’n tronk verander.
16. Jeremia is in ’n ondergrondse sel gesit waar hy ’n baie lang tyd gebly het.
17. Later het koning Sedekia Jeremia in die geheim na sy paleis laat kom. Die koning wou van hom weet: “Het jy enige boodskappe van die Here vir my?”Jeremia het hom geantwoord: “Ja, ek het! U sal in die mag van die koning van Babel beland.”
18. Toe vra Jeremia vir koning Sedekia: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek aan u, u amptenare of aan die mense gedoen dat julle my in die tronk gegooi het?
19. Waar is julle profete nou wat geprofeteer het dat die koning van Babel nie teen julle of hierdie land sal optrek nie?