1. Die Here het vir my gesê: “Gaan koop ’n kleipot. Vra dan sommige van die leiers van die volk en van die priesters om saam met jou te gaan.
2. Gaan dan uit by die uitgang met die naam Potskerfhek na die vallei van die seun van Hinnom. Verkondig daar vir hulle die boodskap wat Ek vir jou gegee het.
3. Sê vir hulle: ‘Konings van Juda en inwoners van Jerusalem, luister na die boodskap van die Here! Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek gaan ’n baie groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.