15. Die mense vra my: “Waar is die kamtige boodskap van die Here? Laat dit nou bietjie waar word!”
16. “Here, ek het nie my taak opgegeeom ’n herder vir u volk te wees nie.Ek het ook nie by U aangedring om rampe oor hulle te bring nie.Dit is u boodskap wat ek aan hulle gegee het, nie my eie nie.
17. Here, moenie my nou verlaat nie!U alleen is my toevlug as onheil toeslaan.
18. Laat dié wat my vervolg in die skande kom. Laat húlle vreesbevange word,maar nie ek nie!Laat verwoesting dubbel en dwars oor hulle kom!”
19. Die Here het vir my gesê: “Gaan staan by die poorte van Jerusalem, eers die poort wat die konings van Juda gebruik waardeur hulle in- en uitgaan, en dan by al die ander poorte.
20. “Sê vir die mense wat hierdie poorte gebruik: ‘O konings, al julle mense van Juda en ook julle wat in Jerusalem bly, hoor die boodskap van die Here.
21. Hy sê: Luister sodat julle kan bly lewe! Hou op om op die Sabbatdag handel te dryf in Jerusalem se poorte.
22. Moenie op die Sabbatdag werk nie. Maak van die Sabbat ’n heilige dag soos Ek julle voorouers beveel het om te doen.
23. Maar hulle was ongehoorsaam en wou nie luister nie. Hulle was hardkoppig en wou nie die voorskrifte navolg nie.’
24. “Maar die Here sê: ‘As julle My gehoorsaam en nie aanhou met julle handeldrywery op die Sabbatdag nie en ook nie op dié dag werk nie, maar dit ter wille van My heilig hou,
25. sal daar ’n toekoms vir hierdie volk wees. Daar sal altyd ’n koning uit die familielyn van Dawid in Jerusalem regeer. Die konings en amptenare sal by die poorte van Jerusalem ingaan. Hulle sal op strydwaens en perde ry en tussen die mense van Juda wees. “‘Daar sal ook altyd mense in Jerusalem woon.
26. En mense sal uit die dorpe van Juda en die omgewing van Jerusalem, uit die gebied van Benjamin, van die heuwels in die weste van die land, van die berge en die woestyngebied in die suide na Jerusalem toe kom. Hulle sal brandoffers, graanoffers, wierook en dankoffers na die tempel van die Here bring.