Hosea 8:9-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Israel het na Assirië toe gegaan net soos ’n eensame wildedonkie wat na ’n maat soek, en het vir homself minnaars gaan koop.

10. Maar al het hy bondgenote onder baie lande gehuur, sal Ek hulle nou bymekaarmaak. Dan sal hulle swaarkry onder die las van die magtige koning.

11. “Israel het baie altare gebou om sonde-offers daarop te bring, maar juis hierdie altare het die plekke geword waar sonde gepleeg word!

12. Al sou Ek ook ’n menigte van my gebooie aan hom gee, sal dit vir hom iets vreemds wees.

13. Hulle hou daarvan om offers vir My te bring en die vleis daarvan te eet, maar Ek verwerp hulle offers. Ek sal hulle sondes onthou en hulle tot verantwoording roep: hulle sal na Egipte toe teruggaan.

14. “Want Israel het sy Maker vergeet en paleise gebou. Juda het versterkte stede opgerig. Daarom stuur Ek ’n vuur in hulle stede wat hulle vestings sal vernietig.”

Hosea 8