9. “Ja,” antwoord Josef. “Dit is die seuns wat God my hier in Egipte gegee het.”Jakob sê vir hom: “Bring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seën.”
10. Weens sy ouderdom kon Jakob nie meer so goed sien nie. Josef bring toe die twee nader. Jakob het hulle gesoen en omhels.
11. Jakob sê toe vir Josef: “Ek het nie gedink ek sou jou ooit weer sien nie, maar nou het God selfs toegelaat dat ek jou kinders ook kan sien.”
12. Josef tel toe die seuns af van hulle oupa se skoot af en buig laag voor hom.
13. Josef het albei sy seuns voor Jakob laat staan, Efraim aan sy regterhand, aan Jakob se linkerkant en Manasse aan sy linkerhand, aan Jakob se regterkant.