Genesis 48:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Toe Jakob hoor dat Josef daar aangekom het, gebruik hy al sy kragte om regop in die bed te sit.

3. Jakob sê vir Josef: “God die Allerhoogste het in Lus in die land Kanaän aan my verskyn en my geseën.

4. Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag tot baie nasies maak. Hierdie land Kanaän gee Ek vir jou en jou nageslag as eiendom vir altyd.’

5. Jou twee seuns, Manasse en Efraim wat in Egipte gebore is voor ek hier gekom het, neem ek aan as my eie. Hulle sal net soos Ruben en Simeon my seuns wees.

6. Enige kinders wat jy na hulle sal hê, sal saam met Manasse en Efraim erf.

7. Op pad terug van Paddan-Aram het Ragel in die land Kanaän gesterf. Ons was toe nog op pad, kort by Efrata (dit is Betlehem). Ek het haar toe met groot verdriet daar langs die pad na Efrata begrawe.”

8. Jakob kyk toe na die twee seuns en vra: “Is dit jou twee seuns?”

Genesis 48