Genesis 41:53-57 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

53. Die einde van die tydperk van voorspoed het aangebreek.

54. Toe begin die tydperk van hongersnood, soos Josef gesê het. Hongersnood het in al die omliggende lande uitgebreek, maar in Egipte was daar genoeg graan in die skure.

55. In Egipte het mense ook begin honger ly. Hulle pleit toe by die farao vir kos, maar hy het gesê: “Gaan na Josef toe en doen wat hy ook al vir julle sê.”

56. Daar was hongersnood oor die hele wêreld. Josef het toe die skure oopgemaak en graan aan die Egiptenaars begin verkoop.

57. Mense uit die omringende lande het ook by Josef kom graan koop omdat die hongersnood die hele wêreld getref het.

Genesis 41