12. Elifas het nog ’n seun gehad met die naam Amalek. Sy ma was Timna, Elifas se byvrou. Dit is al die kleinkinders van Ada, Esau se vrou.
13. Die seuns van Reüel was: Nagat, Serag, Samma en Missa. Dit is al die kleinkinders van Esau en Basemat.
14. Esau het ook seuns gehad by Oholibama, die dogter van Ana en kleinkind van Sibon. Hulle name was: Jeüs, Jalam en Korag.
15. Esau se kinders en kleinkinders het stamhoofde geword.Die seuns van Esau se oudste seun Elifas wat stamhoofde geword het, was: Teman, Omar, Sefo, Kenas,
16. Korag, Gatam en Amalek. Hierdie stamhoofde in die land Edom was afstammelinge van Elifas, die seun van Esau en Ada.
17. Die seuns van Esau se seun Reüel wat stamhoofde geword het, was: Nagat, Serag, Samma en Missa. Hierdie stamhoofde in die land Edom was afstammelinge van Reüel, die seun van Esau en Basemat.
18. Die seuns van Esau en sy vrou Oholibama wat stamhoofde geword het, was: Jeüs, Jalam en Korag. Hierdie stamhoofde was afstammelinge van Esau se vrou Oholibama, die dogter van Ana.
19. Dit is al die stamhoofde wat van Esau, ook bekend as Edom, afgestam het.
20. Seïr die Goriet was die eerste inwoner van die land Seïr. Sy seuns was Lotan, Sobal, Sidon, Ana,
21. Dison, Eser en Disan. Hulle was almal stamhoofde van die Goriete, die nageslag van Seïr in die land Edom.
22. Lotan se seuns was: Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.
23. Sobal se seuns was: Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
24. Sibon se seuns was: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa se donkies opgepas het.
25. Ana se seun was Dison en sy dogter was Oholibama.
26. Dison se seuns was: Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27. Eser se seuns was: Bilhan, Saäwan en Akan.
28. Disan se seuns was: Us en Aran.
29. Die stamhoofde van die Goriete was: Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
30. Dison, Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Goriete volgens die stamme in die land Seïr.