11. Neem asseblief die geskenke, want God was baie goed vir my. Ek het meer as genoeg vir myself.” Jakob het só daarop aangedring dat hy dit moes neem, dat Esau dit uiteindelik aanvaar het.
12. “Nou moet ons gaan,” sê Esau. “Ek sal julle vergesel.”
13. Maar Jakob antwoord: “My broer, jy kan sien party van die kindertjies is baie jonk en die troppe vee het ook jong lammers en kalwers. As ons te vinnig trek, kan dit hulle dood beteken.
14. Gaan gerus voor ons uit. Ons sal op ons gemak trek en u by Seïr weer sien.”
15. “Goed,” sê Esau, “maar laat ek ’n paar van my manskappe agterlaat om julle te beskerm.”“Dis regtig nie nodig nie,” sê Jakob. “Jou goeie gesindheid is vir my genoeg.”
16. Esau is daardie dag nog terug Seïr toe.
17. Jakob en sy geselskap het verder getrek na Sukkot toe. Daar bou hy vir hom ’n huis en maak hy skuilings vir die troppe vee. Dis hoekom die plek Sukkot genoem is.
18. Later het hulle by Sigem in Kanaän aangekom ná hulle reis van Paddan-Aram af. Net buite die stad het hulle kamp opgeslaan.