Genesis 26:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Lê ’n eed af dat jy ons nie kwaad sal aandoen nie, net soos ons jou nie skade berokken het nie. Ons het jou net goed behandel en jou in vrede weggestuur. En kyk hoe seën die Here jou!”

30. Isak het ’n groot fees voorberei en hulle het geëet en gedrink.

31. Vroeg die volgende oggend het hulle onder eed ’n verdrag gesluit. Isak het hulle toe in vrede laat gaan.

Genesis 26