19. Ná die geboorte van Reü het Peleg nog 209 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
20. Toe Reü 32 jaar oud was, is sy seun Serug gebore.
21. Ná die geboorte van Serug het Reü nog 207 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
22. Toe Serug 30 jaar oud was, is sy seun Nahor gebore.
23. Ná die geboorte van Nahor het Serug nog 200 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
24. Toe Nahor 29 jaar oud was, is sy seun Tera gebore.
25. Ná die geboorte van Tera het Nahor nog 119 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
26. Toe Tera 70 jaar oud was, het hy die pa van Abram, Nahor en Haran geword.
27. Wat volg, is die weergawe van Tera se familie. Tera was die pa van Abram, Nahor en Haran. Haran het ’n seun gehad met die naam Lot.