Esegiël 9:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Verontreinig my woonplek!” het die Here beveel. “Maak sy voorhowe vol met die lyke van die mense wat julle doodmaak! Gaan!” Toe het hulle deur die stad gegaan en gedoen soos hulle beveel is.

8. Terwyl hulle gedoen het soos hulle beveel is, was ek alleen. Ek het op my gesig op die grond neergeval en gepleit: “O oppermagtige Here, sal U niemand in Israel laat oorbly as U u woede op Jerusalem afkoel nie?”

9. Toe sê Hy vir my: “Die sondeskuld van die mense van Israel en Juda is baie groot. Die hele land is vol bloed. Die hele stad verdraai die reg. Boonop sê hulle: ‘Die Here het uit die land weggetrek! Die Here sien dit nie!’

10. Daarom gaan Ek hulle nie red nie. Ek sal hulle nie jammer kry nie. Ek sal hulle ten volle laat boet vir alles wat hulle gedoen het.”

11. Toe het die man met klere van linne en met die skrywersgereedskap by hom, verslag kom doen: “Ek het die werk voltooi wat U vir my gegee het.”

Esegiël 9