Esegiël 43:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het die man my teruggeneem na die oostelike ingang.

2. Skielik het die heerlikheid van die God van Israel vanuit die ooste verskyn. Dit het geklink soos wanneer baie waters aangerol kom. Die hele wêreld het geskitter van sy heerlikheid.

3. Wat ek gesien het, het ooreengekom met wat ek die ander kere by die Kebarrivier gesien het en toe Hy gekom het om Jerusalem te vernietig. En ek het voor Hom neergeval.

4. Die heerlikheid van die Here het die tempel deur die oostelike ingang binnegegaan.

5. Die Gees het my toe na die binneste hof geneem, en die heerlikheid van die Here het die tempel gevul.

6. En ek het gehoor iemand praat met my in die tempel. Die man wat die afmetings gedoen het, het nog steeds langs my gestaan.

7. En die Here het vir my gesê: “Mensekind, hier is die plek waar my troon staan en waar Ek my voete laat rus. Ek sal vir altyd hier bly, tussen die mense van Israel. Hulle en hulle konings sal My nie meer onteer deur ander gode te aanbid of monumente vir hulle dooie konings op te rig nie.

8. Hulle het altare vir hulle afgode langs my altaar gesit met net ’n muur tussenin. So het hulle My onteer deur hulle afskuwelike dade. Ek het hulle in my woede vernietig.

Esegiël 43