Esegiël 36:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Daarom, profeteer aan die heuwels en berge, die klowe en valleie van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Ek is baie kwaad omdat julle verneder is deur die nasies rondom julle.

7. Daarom, sê die oppermagtige Here, lê Ek ’n plegtige eed af dat hierdie nasies verneder sal word.

8. Maar die berge van Israel sal groot vrugte-oeste dra om gereed te maak vir my mense wat terugkeer. Hulle kom gou weer huis toe!

9. Kyk, Ek gee vir julle om. Ek kom julle help. Julle grond sal omgeploeg en besaai word.

10. Ek vermeerder die bevolking van Israel, en die stede sal weer bewoon en die puinhope herbou word.

11. En nie net julle mense nie, maar ook julle kuddes sal toeneem en baie word. Ek sal mense bring om weer daar te woon. Ek maak julle selfs nog meer voorspoedig as vroeër. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.

Esegiël 36