Esegiël 30:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. “Daardie dag stuur Ek boodskappers met skepe om die rustige mense van Etiopië bang te maak. Hulle sal paniekbevange wees die dag as Egipte verwoes word, wat verseker gaan gebeur.

10. “Die oppermagtige Here sê: Ek vernietig die hordes van Egipte deur koning Nebukadnesarvan Babilon.

11. Hy en sy wrede soldate is gestuur om die land te vernietig. Hulle maak oorlog teen Egipte tot die land vol dooies lê.

12. Ek lê die Nyl droog en gee die land oor aan slegte mense. Ek verwoes die land en alles daarin, deur die optrede van vreemdelinge.Ek is die Here, Ek het so gesê!

13. “Die oppermagtige Here sê: Ek slaan die afgode stukkend,ook die beelde in Memfis. In Egipte sal geen koning oorbly nie. Angs sal hulle oorval.

14. Ek vernietig Patros, steek Soan aan die brand en straf Tebes.

15. Ek stort my wraak uit oor Pelusium, die vestingstad van Egipte. Ek vernietig die menigtes van Tebes.

16. Ja, Ek brand Egipte af. Pelusium sal in pyn wees. Tebes sal oopgebreek word,en Memfis daagliks bedreig word.

17. Heliopolis en Bubastisse jong manne sal omkom in die oorlog en die vrouesal as gevangenes weggevoer word.

18. Wanneer Ek kom om Egipte se mag te breek, sal dit ook vir Tagpanges ’n donker dag wees. ’n Donker wolk sal daaroor hang en sy dogters sal weggelei word as gevangenes.

Esegiël 30