Deuteronomium 33:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. met die rykdom wat groei in die son en die oorvloed van elke maand,

15. met die beste van die ou berge, en die vrugbaarheid van die ewige berge,

16. met die beste gawes van die aarde en sy volheid,en die guns van die Een wat verskyn het in die brandende doringbos.Mag hierdie seëningerus op die kop van Josef, op die kop van die prins onder sy broers.

17. Josef het die krag en die glorievan ’n jong bul, sy krag is soos die horings van ’n buffel. Hy sal veraf nasies gaffel, hulle verdryf tot aan die einde van die aarde.Dit is my seën vir die skares van Efraim, vir die duisende van Manasse.”

18. Moses het die volgende gesê oor diestamme van Sebulon en Issaskar: “Mag Sebulon voorspoedig wees in al sy reise. Mag Issaskar voorspoedig wees in sy tente.

19. Hy roep volke op na die bergom daar die regte offers te bring. Hy sal voordeel trek uit die rykdom van die see en die versteekte skattevan die sand.”

Deuteronomium 33