Deuteronomium 32:32-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Hulle wingerdstok stam uit die wingerdstok van Sodom en Gomorra. Hulle druiwe is giftig en hulle trosse is bitter.

33. Hulle wyn is die gif van slange, die dodelike gif van adders.

34. “‘Ek het hierdie dinge gebêre, verseël vir veilige bewaring.

35. Ek sal wraak neem. Dié wat dit verdien, sal Ek terugbetaal. Binnekort sal hulle voete gly.Hulle dag van val sal kom en hulle lot sal hulle oorval.’

36. “Want die Heresal sy volk oordeel en Hy sal van gedagte veranderoor sy dienaarswanneer Hy siendat hulle krag weg is en dat daar niemand oor is nie,nie slaaf of vryman nie.

37. Dan sal Hy vra: ‘Waar is hulle gode, waar is die rotse waar hulle gaan skuil het?

38. Waar is daardie gode nou wat die vet van hulle offers geëet en die wyn van hulle drankoffers gedrink het? Laat daardie gode opstaan en jou help! Laat hulle aan jou skuiling gee!

39. Besef dit nou: Ek, ja, Ek, is die Here! Daar is geen ander god as Ek nie. Ek is die Een wat doodmaak en wat lewe gee; Ek is die een wat verwond en gesond maak. Niemand kan uit my krag gered word nie.

40. My hand lig Ek nou op na die hemel en verklaar:So seker as wat Ek lewe,

41. wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het en begin met die uitoefeningvan die reg, dan sal Ek wraak neem op my vyande en sal Ek terugbetaaldié wat My haat.

42. Ek sal my pyle deurdrenk met met bloed en my swaard sal vleis verslind:die bloed van dié wat geslag is, die gevangenes en die koppe van die leiers van die vyande.’

43. “Juig, alle nasies, oor sy volk, want Hy wreek die bloed van sy dienaars. Hy neem wraak op sy vyande en doen boetevir sy land en vir sy volk.”

44. Moses het saam met Josua, die seun van Nun, gekom en al die woorde van hierdie lied aan die volk oorgedra.

Deuteronomium 32