Deuteronomium 32:21-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Deur hulle aanbidding van gode wat nie bestaan nie,het hulle My jaloers gemaak. Met hulle nuttelose afgode het hulle My kwaad gemaak. Nou sal Ek hulle jaloers maak deur ander nasies te seën.Ek sal hulle kwaad maakdeur dwase heidene te seën.

22. Want my woede is aangesteek soos ’n vuur, en dit brand tot in die dieptesvan die graf.Dit verteer die aarde en sy opbrengs,die fondamente van die bergesteek dit aan die brand.

23. Ek sal rampe op hulle ophoop en hulle met my pyle afskiet.

24. Ek stuur teen hulle ’n uitmergelende hongersnood, ’n vurige koors en dodelike siekte.Hulle sal geteister word deur tande van wilde diere, deur giftige slange wat in die stof seil.

25. Op straat bring die swaard kinderloosheid,en binnekant heers die angs.Jong mans en vroue sal omkom, babas en ook oumense.

26. Ek het besluit om hulle te verstrooi,sodat selfs die gedagte aan hulle sal verdwyn.

27. Maar Ek was bevrees dat die vyand My sou tart,dat hulle teenstanders kan misverstaan en sê: Ons krag het gewen! Dit was nie die Herewat dit gedoen het nie!’

28. “Israel is ’n nasie sonder verstand. Daar is geen begrip onder hulle nie.

29. Was hulle maar wys, sou hulle verstaanen sien wat hulle lot sal wees!

Deuteronomium 32