Deuteronomium 32:2-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Wat ek jou leer, is soos reën op jou, my woorde soos dou.My woorde is soos fyn reën op jong gras, soos sagte reënbuie op plante.

3. Ek wil die Naam verkondig van die Here. Prys die grootheid van ons God!

4. Hy is die Rots; sy werk is volmaak. Alles wat Hy doen, is reg.Hy is ’n getroue God,sonder enige onreg.Hy is regverdig en betroubaar!

5. “Maar hulle het teen Hom skandelik opgetree. Wie so maak, is hulle nog sy kinders? Hulle is ’n vals en verdraaide geslag.

6. Is dit hoe julle die Here behandel, julle dom en onwyse volk?Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Het Hy jou nie gemaak en gevorm nie?

7. Onthou die dae van ouds, dink terug aan die vorige geslagte.Vra jou pa uiten hy sal jou vertel. Vra vir die oumense en hulle sal jou vertel.

8. Toe die Allerhoogste aan die nasiesgrondgebied toegeken het, het Hy die mensdom verdeel, en grense van volke bepaal volgens die aantal Israeliete.

9. Want die volk Israel behoort aan die Here; Jakob is sy besondere eiendom.

10. “Hy het hulle gevindin ’n woestyn, ’n leë land vol onaardse geluide.Hy het hulle omarm en hulle opgepas. Hy het hulle beskerm as sy kosbaarste besitting.

11. Soos ’n arend haar kuikens grootmaaken bo-oor hulle sweef,so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke.

12. Net die Here bewaar hulle. Hulle leef sonder enige vreemde gode.

13. Hy laat hulle ry op die hooglande, Hy voed hulle met die opbrengs van die land. Hy het uit die klowe heuning aan hulle voorsien,olyfolie uit klipharde rots.

14. Hy voed hulle met dikmelk van beeste en melk van kleinvee;saam met die vet van lammers en bokke. Hy gee aan hulle die keur van die ramme en bokke van Basan, met die beste koring.Julle het gedrink van die beste wyn, gemaak van keur druiwesap.

15. Maar Israel het veten opstandig geword, die volk het swaar geword, vet en opgestop! Toe het hulle die God verlaat wat hulle gemaak het,en die Rots van hulle reddingverwerp.

16. Hulle het Hom jaloers gemaak met hulle aanbidding van vreemde gode. Met hulle veragtelike dade het hulle Hom kwaad gemaak.

17. Hulle het offers gebring aan demone wat nie gode was nie, gode wat hulle nie geken het nie,gode wat onlangs aangekom het, gode wat hulle voorouers nooit gedien het nie.

18. Julle het die Rots verlaatwat julle verwek het, die God vergeet wat julle voortgebring het.

Deuteronomium 32