5. Hulle het nie gesien hoe die Here julle in die woestyn versorg het totdat julle by hierdie plek aangekom het nie.
6. Hulle was nie daar om te sien wat Hy aan Datan en Abiram, die seuns van Eliab, ’n afstammeling van Ruben, gedoen het nie. Die aarde het oopgegaan en hulle en hulle familie ingesluk met hulle tente en elke lewende ding wat hulle besit het.
7. Maar julle het met julle eie oë al hierdie magtige dade van die Here aanskou!”
8. “Daarom, gehoorsaam elke gebod wat ek julle vandag gee sodat julle sterk kan wees om in te gaan en die land in besit te neem wat julle nou binnegaan.
9. As julle gehoorsaam is, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat die Here vir julle voorouers en hulle nageslag gesweer het dat Hy dit aan hulle sal gee. Dit is ’n uiters vrugbare land.
10. Die land wat julle nou binnegaan en in besit gaan neem, is nie soos Egipte waar julle vandaan kom nie. Daar moes julle julle saad plant en met julle voete leivore maak om dit nat te lei soos in ’n groentetuin.