29. “Wanneer die Here julle God julle inbring in die land om dit in besit te neem, moet julle op Gerisimberg ’n seën aankondig en op Ebalberg ’n vloek.
30. (Hierdie twee berge lê wes van die Jordaanrivier in die land van die Kanaäniete wat in die Jordaanvallei naby die dorp Gilgal woon. Dit is in die weste, nie ver van die eikebome van Moré nie.)
31. Julle staan op die punt om die Jordaan oor te steek en die land wat die Here julle God aan julle gee, in besit te neem en daar te gaan woon.
32. Maak seker dat julle al die voorskrifte en bepalings wat ek aan julle gee, gehoorsaam.”