20. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.
21. Dan sal julle en julle nageslag lank, so lank as wat die hemel bo die aarde is, kan bly in die land wat die Here aan julle voorouers belowe het.
22. “Gehoorsaam noukeurig al hierdie gebooie wat ek vir julle gee deur die Here julle God lief te hê, volgens sy wil te lewe en Hom aan te hang.
23. Dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uitdryf en julle sal hulle land oorvat al is hulle groter en sterker as julle.
24. Op elke plek waar julle julle voete neersit, sal dit julle s’n word. Julle grense sal strek van die woestyn in die suide tot by die Libanon in die noorde, van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste.
25. Niemand sal teen julle kan staande bly nie, want oral waar julle in die land gaan, sal die Here julle God skrik en vrees voor julle uitstuur, soos Hy beloof het.
26. “Vandag gee ek aan julle die keuse tussen seën en vloek!
27. Julle sal geseën word as julle die gebooie gehoorsaam wat die Here julle God vandag vir julle gee.
28. Julle sal ’n vloek ontvang as julle die gebooie van die Here julle God verwerp en wegdraai van sy pad deur vreemde gode te aanbid.
29. “Wanneer die Here julle God julle inbring in die land om dit in besit te neem, moet julle op Gerisimberg ’n seën aankondig en op Ebalberg ’n vloek.
30. (Hierdie twee berge lê wes van die Jordaanrivier in die land van die Kanaäniete wat in die Jordaanvallei naby die dorp Gilgal woon. Dit is in die weste, nie ver van die eikebome van Moré nie.)