2 Samuel 16:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die Here vergeld jou nou omdat jy Saul en sy familie uitgeroei en in sy plek koning geword het. Nou gee die Here dit aan jou seun Absalom, terwyl die onheil jou tref omdat jy ’n moordenaar is!”

9. “Hoekom laat u toe dat hierdie lae hond my heer die koning vloek?” vra Abisai, seun van Seruja, vir die koning. “Laat ek tog sy kop van hom gaan afkap!”

10. “Nee!” sê die koning. “Dit het niks met my of julle te doen nie, seuns van Seruja. Hy vloek so omdat die Here vir hom gesê het ‘Vloek Dawid’. Laat hy dit maar doen. Wie kan dan vra: ‘Hoekom doen jy dit?’”

11. Dawid sê verder vir Abisai en die amptenare: “My eie seun probeer my doodmaak. Hoeveel te meer hierdie Benjaminiet? Los hom uit en laat hom vloek, want die Here het vir hom gesê om dit te doen.

12. Dalk sal die Here my swaarkry raaksien en my seën as gevolg van hierdie vervloekings.”

2 Samuel 16