26. Intussen was Joab suksesvol in die stryd teen Rabba. Hy het die hoofstad van Ammon en die koninklike vesting verower.
27. Toe stuur Joab boodskappers na Dawid toe om te sê: “Ek het teen Rabba geveg en hulle waterbron verower.
28. Roep nou die burgermag op, kom beleër die stad en neem dit in sodat u die eer vir die oorwinning kan ontvang en nie ek nie.”
29. Dawid het toe die burgers opgeroep, na Rabba toe gegaan en die stad verower.
30. Dawid het die kroon van die koning se kop afgehaal en dit op sy eie kop gesit. Die kroon was van goud met edelgesteentes en het omtrent 34 kilogram geweeg. Dawid het ook ’n groot buit uit die stad geneem.
31. Hy het die inwoners van Rabba weggevoer en hulle dwangarbeid laat doen met sae, ysterpikke en byle, en ook in die steengroewe. So het hy met al die Ammonitiese stede gemaak. Daarna het Dawid en die hele leër teruggekeer na Jerusalem toe.