20. Toe het Dawid van die grond af opgestaan, homself gewas en reukolie aangesmeer. Nadat hy skoon klere aangetrek het, het hy in die heiligdom ingegaan en daar aanbid. Daarna het hy na die paleis toe teruggegaan en kos gevra. Hulle het dit gebring en hy het geëet.
21. Maar sy amptenare vra vir hom: “Hoe moet ons nou u optrede verstaan? Terwyl die kind nog gelewe het, het u gehuil en gevas. Maar noudat die seun dood is, het u opgestaan en geëet.”
22. Dawid antwoord hulle: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: ‘Miskien sal die Here genadig wees en die kind laat lewe.’
23. Maar nou is hy dood! Hoekom moet ek nou nog vas? Kan ek hom weer terugbring? Eendag sal ek na hom toe gaan, maar hy kan nie na my toe terugkom nie.”
24. Dawid het toe vir Batseba sy vrou getroos en by haar geslaap. Sy het ’n seun in die wêreld gebring. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het die seun liefgehad
25. en het deur die profeet Natan laat weet dat sy naam Jedidja, geliefde van die Here, moes wees, want die Here het hom liefgehad.
26. Intussen was Joab suksesvol in die stryd teen Rabba. Hy het die hoofstad van Ammon en die koninklike vesting verower.
27. Toe stuur Joab boodskappers na Dawid toe om te sê: “Ek het teen Rabba geveg en hulle waterbron verower.