10. Koning Salomo het ook 250 van hulle aangestel om toesig te hou oor die verskillende projekte.
11. Salomo het sy vrou, die dogter van die farao, uit die Dawidstad laat verhuis na die nuwe paleis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “My vrou kan nie in koning Dawid van Israel se paleis woon nie, want dit is heilige grond omdat die ark van die Here daar gestaan het.”
12. Toe het Salomo brandoffers vir die Here gebring op die altaar van die Here wat hy in die voorportaal van die ingang na die tempel toe gebou het.