2 Kronieke 34:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het en hy het 31 jaar in Jerusalem regeer.

2. Hy het gedoen wat reg was vir die Here en die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg en nie links of regs daarvan afgewyk nie.

3. Gedurende die agtste jaar van sy regering, toe hy nog jonk was, het Josia begin om die God van sy voorvader Dawid te dien. In sy twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig deur al die heidense heiligdomme, die Asjerapale en die gesnede en gegote beelde te vernietig.

4. Hy het toegesien dat die altare vir die Baälbeelde afgebreek en hulle wierookaltare vernietig word. Hy het ook die Asjerapale, en die gesnede en die gegote beelde stukkend geslaan en fyngemaal. Dit is oor die grafte gestrooi van dié wat hulle aanbid het.

5. Daarna het hy die bene van die afgodspriesters op hulle eie altare verbrand. So het hy Juda en Jerusalem gereinig.

2 Kronieke 34