2. Die bouwerk het in die middel van die lente begin, in die vierde jaar van Salomo se bewind.
3. Die fondament wat Salomo gelê het vir die tempel van God, was 30 meter lank en tien meter breed.
4. Die voorportaal was langs die hele breedte van die tempel, dus tien meter lank en 60 meter hoog. Die binnekant was oordek met suiwer goud.
5. Die hoofvertrek van die tempel is met sipreshoutpanele bedek, met suiwer goud oorgetrek en versier met graverings van palms en kettings.
6. Die mure van die tempel is versier met pragtige juwele en suiwer goud uit Parwajim.
7. Al die mure, balke, deure en drumpels in die hele tempel is oorgetrek met goud, en figure van gerubs is teen die mure uitgekerf.
8. Die Allerheiligste was tien meter lank, soos die wydte van die tempel. Dit was ook tien meter breed en oorgetrek met suiwer goud, ongeveer twintig ton.
9. Hulle het goue spykers gebruik wat ongeveer ’n halwe kilogram weeg. Die mure van die bokamers was ook met suiwer goud oorgetrek.