2 Kronieke 27:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hy het dorpe in die heuwels van Juda gebou en forte en torings in die bosse opgerig.

5. Hy het oorlog teen die koning van die Ammoniete gemaak en hulle oorwin. Drie jaar lank het hy jaarliks belasting van hulle gekry. Dit was byna drie en ’n half ton silwer, 1 650 ton koring en 1 320 ton gars.

6. Koning Jotam het baie magtig geword omdat hy in gehoorsaamheid aan die Here sy God gelewe het.

7. Die ander gebeurtenisse tydens Jotam se regering, sy oorloë en ander aktiwiteite, is opgeteken in Die boek van die konings van Israel en Juda.

8. Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het sestien jaar in Jerusalem regeer.

9. Toe hy sterf, is hy in die Dawidstad begrawe. Sy seun Agas het hom opgevolg.

2 Kronieke 27