2 Kronieke 23:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die Leviete en die hele Juda het presies so gedoen soos Jojada die priester beveel het. Elke bevelvoerder het sy manskappe geneem, dié wat op die Sabbat diens moes doen, asook dié wie se verpligtings voltooi was. Jojada die priester het nie toegelaat dat enigiemand huis toe gaan nadat hulle werkskof geëindig het nie.

9. Daarna het Jojada die bevelhebbers oor 100 voorsien van spiese en groot en klein skilde wat voorheen aan koning Dawid behoort het en in die tempel van God bewaar is.

10. Hy het die wagte rondom die koning geplaas, gereed met hulle wapens. Hulle het ’n ry gevorm van die suidekant van die tempel af, om na die noordekant, en rondom die altaar.

11. Toe bring Jojada en sy seuns vir Joas, die koning se seun, en sit die kroon op sy kop. Hulle het ’n afskrif van God se gebooie aan hom gegee en hom tot koning verklaar. Daarna het hulle hom gesalf. Almal het uitgeroep: “Lank lewe die koning!”

12. Toe Atalia hoor hoe mense hardloop en die koning toejuig, het sy gou na die mense by die tempel van die Here gegaan.

2 Kronieke 23