2 Kronieke 21:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Na die verloop van twee jaar het die siekte veroorsaak dat sy ingewande uitgekom het en hy ’n pynlike dood gesterf het. Sy volk het nie vir hom ’n vuur aangesteek soos hulle vir sy voorvaders gedoen het nie.

20. Joram was 32 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar in Jerusalem geheers. Niemand was jammer toe hy dood is nie. Hy is begrawe in die Dawidstad, maar nie in die koninklike begraafplaas nie.

2 Kronieke 21