2 Kronieke 10:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Rehabeam het geantwoord: “Kom oor drie dae terug na my toe.” Die volk het toe huis toe gegaan.

6. Daarna het koning Rehabeam na die ouer manne, raadgewers van sy pa Salomo, gegaan. “Wat is julle raad?” vra hy. “Hoe moet ek hierdie mense antwoord?”

7. Hulle het vir hom gesê: “As u vandag na die volk luister en hulle tevrede stel met ’n gunstige antwoord, sal hulle altyd u onderdane bly.”

8. Maar Rehabeam het die raad van die ouer mense verwerp en vir die jong mans wat saam met hom grootgeword het en nou in sy diens was, gevra:

9. “Wat dink julle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die laste wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

10. Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, het geantwoord: “Dit is wat u vir die mense wat met u gepraat het om hulle las te verlig, moet sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se middellyf.

11. My pa het ’n swaar lasop julle gelê,maar ek gaan die lasnog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,maar ek sal skerpioene gebruik!’”

12. Soos die koning gevra het, het die hele volk en Jerobeam drie dae later teruggekom om te hoor wat Rehabeam se besluit was.

13. Maar Rehabeam het hardvogtig met hulle gepraat, want hy het die raad van die ouer raadsmanne verwerp

2 Kronieke 10