4. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente,
5. asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
6. Ons is ook oorgehaal om met elke ongehoorsaamheid af te reken, sodra julle eie gehoorsaamheid in plek geval het.
7. Julle kyk bloot na die uiterlike. As julle so oortuig is dat julle aan Christus behoort, moet julle dit weer vir julleself uitmaak dat, net soos júlle aan Christus behoort, só ook ons.
8. As ek moontlik oordrewe trots voorgekom het op die volmag wat die Here aan my gegee het, sal ek my nie daarvoor skaam nie. Dit was om julle op te bou, en nie om julle af te breek nie.
9. Ek wil beslis nie die indruk skep dat ek julle met my briewe probeer intimideer nie.
10. Hulle sê mos: “Paulus se briewe is gewigtig en kragtig, maar as hy persoonlik teenwoordig is, is hy maar onindrukwekkend en het sy boodskap maar min om die lyf.”