2 Konings 4:21-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Sy dra hom toe boontoe en lê hom op die bed van die man van God neer, gaan uit en trek die deur toe.

22. Toe roep sy haar man en vra: “Stuur tog een van die werkers en ’n donkie sodat ek na die man van God toe kan gaan en gou weer kan terugkom.”

23. “Hoekom wil jy dan vandag gaan?” wil hy weet. “Dit is tog nie ’n Nuwemaanfees of ’n Sabbat nie!”Maar sy sê: “Alles is reg.”

24. Sy saal die donkie op en sê vir die dienaar: “Maak gou! Jaag die donkie aan en moenie stadiger gaan tensy ek vir jou sê nie.”

25. Sy gaan toe en het by die man van God, by Karmelberg, aangekom. Die man van God het haar in die verte sien aankom. Hy sê vir Gehasi: “Kyk, dis die vrou uit Sunem.

26. Hardloop haar tegemoet en vra haar: ‘Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? Gaan dit goed met jou seun?’”“Dit gaan goed,” sê die vrou vir Gehasi.

27. Maar toe sy by die man van God op die berg kom, val sy op die grond voor hom en gryp sy voete. Gehasi probeer om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar met rus! Sy is diep bedroef en die Here het dit nie vir my bekendgemaak nie.”

2 Konings 4