Maar toe sy by die man van God op die berg kom, val sy op die grond voor hom en gryp sy voete. Gehasi probeer om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar met rus! Sy is diep bedroef en die Here het dit nie vir my bekendgemaak nie.”