10. Daarna het koning Agas na Damaskus toe gegaan om koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. In Damaskus het ’n altaar sy aandag getrek. Hy stuur toe ’n afbeelding en die bouplanne daarvan na die priester Urija.
11. Urija het ’n altaar presies volgens die koning se planne gebou. Met die terugkoms van die koning uit Damaskus was die altaar klaar.
12. Daar aangekom uit Damaskus, het die koning na die altaar gekyk en nadergekom om daarop te offer.
13. Die koning het sy brandoffer en sy graanoffer gebring, sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy maaltydoffer teen die altaar uitgegooi.
14. Daarna het hy die ou bronsaltaar wat voor die Here gestaan het, verskuif van sy plek voor die Here se tempel. Hierdie plek was tussen die nuwe altaar en die tempel. Die bronsaltaar het hulle nou noord van die nuwe altaar neergesit.