1 Timoteus 3:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hulle moet verbind wees aan die geopenbaarde waarheid van die Christelike geloof, en hulle moet met ’n skoon gewete leef.

10. Voordat hulle as diakens aangestel word, moet hulle eers getoets word. As dit blyk dat hulle onbesproke is, kan hulle as diakens dien.

11. Net so moet hulle vroue gerespekteer word en nie kwaad praat van ander nie. Hulle moet selfbeheersing openbaar en getrou wees in alles wat hulle doen.

12. ’n Diaken moet getrou wees aan sy vrou, en hy moet sy kinders en huishouding goed beheer.

13. Dié wat goeie diens lewer as diakens, sal beloon word met respek van ander en sal groter vrymoedigheid ontwikkel in hulle geloof in Christus Jesus.

14. Ek skryf dié dinge nou aan jou alhoewel ek hoop om binnekort by jou te wees.

15. Ingeval ek vir ’n tydjie nog nie kan kom nie, sal jy weet hoe mense hulle moet gedra in die huishouding van God – dit is die kerk van die lewende God wat die pilaar en stut van die waarheid is.

1 Timoteus 3