1 Kronieke 16:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So het hulle die ark na die spesiale tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, gevat. Hulle het brandoffers en dankoffers vir God gebring.

2. Toe hulle klaar was met die offers, het Dawid die volk geseën in die Naam van die Here.

3. Hy het ’n geskenk van kos vir elke man en vrou in Israel gegee: ’n sny brood, ’n dadelkoek en ’n rosynekoek.

4. Dawid het die volgende Leviete aangestel om die volk in aanbidding voor die ark van die Here te lei deur sy seën te vra en die Here die God van Israel te dank en te prys.

5. Asaf, die leier van die groep, het die simbale geslaan. Sy assistente was Sagaria, tweede in bevel, Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en siters bespeel.

6. Benaja en Jagasiël, die priesters, het aanhoudend trompette voor die verbondsark van God geblaas.

1 Kronieke 16